Ohlanga-riviermond, strandmeer en strand steeds gesluit

Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZuu-Natal herinner inwoners daaraan dat die Ohlanga-riviermonding, strandmeer en die nabygeleë strand steeds gesluit is. Owerhede het die riviermonding en die strand in Julie 2021 gesluit as ‘n voorsorgmaatreël na chemikalieë van die UPL landbou-bemarkingsmaatskappy se pakhuis in die rivier uitgelek en die Ohlangarivier en Umhlanga-strandmeer besoedel het. Inwoners word versoek om geduldig te wees en aan die versoeke van owerhede te gehoor te gee. Die waarnemende munisipale woordvoerder, Mandla Nsele, sê die veiligheid van die publiek is van die uiterste belang.