Ohio stem om aborsie in Grondwet te verskans

Kiesers in Ohio het met ʼn oorweldigende meerderheid gestem om die reg op aborsie in die staat se Grondwet te verskans. Die howe het voorheen goewerneur Mike DeWine se ses-weke-verbod op aborsies gekeer. Die nuwe grondwetlike wysiging beskerm die reg op aborsie deur die lewensvatbaarheid van die fetus tot ongeveer die 24ste week van swangerskap. Dit sal ʼn individuele reg bevestig op ʼn persoon se eie reproduktiewe mediese behandeling, insluitend aborsie, geboortebeperking en sorg na ʼn miskraam. President Joe Biden sê Amerikaners het weer gestem om hulle basiese vryhede te beskerm en demokrasie het gewen.