Oeroue menslike voorsaat se werwels wys hulle kon loop

Internasionale wetenskaplikes van die Universiteit van die Witwatersrand, die New York Universiteit en 15 ander instellings het die ontdekking van werwels van ‘n uitgestorwe menslike voorsaat van twee miljoen jaar oud bekend gemaak. Die fossiele is in 2015 ontdek tydens uitgrawings aan ‘n mynpad naby Johannesburg. Die ontdekking gee insig in die manier waarop hierdie menslike voorganger geloop en geklim het. Die hoofskrywer van die New York Universiteit, Scott Williams, sê die lendestreek is noodsaaklik om te verstaan hoe goed hierdie oeroue voorouers aangepas het om op twee bene te loop.