Voedselsekerheid kort meer as meer produksie

Verhoogde voedselproduksie is nie die enigste faktor wat kan help om voedselonsekerheid te bekamp nie. Dit is die belangrikste boodskap by die 2021 wêreldwye voedselsekerheids-aanwyser-besprekings wat AgriSA in vennootskap met die Verenigde State se departement van landbou gehou het. Die aanwyser kyk na voedselsekerheid in 113 lande met 58 unieke aanwysers in ag genome. Dit plaas Suid-Afrika 70ste uit 113 lande wat voedselsekerheid betref.