Oekraïnse weermag herower stad in Donetsk-streek

Die Oekraïnse weermag het Liman, ‘n belangrike stad in die besette Donetsk-streek Saterdag herower. Rusland sê hy moes troepe aan die stad onttrek om te verhoed dat die Oekraïnse weermag hulle omsingel. Dié terugslag vir Rusland kom pas nadat President Vladimir Putin aangekondig het Rusland byna ‘n vyfde van Oekraïne se grondgebied annekseer. Russiese magte het Liman in Mei beset en is daarna as logistieke deurgangspunt gebruik. Die oorname van Liman is Oekraïne se grootste oorwinning in die konflik.