Motorsport: Le Clerck spring eerste weg in Singapoer

Motorsport: Charles Leclerc het net-net voor Sergio Perez en Lewis Hamilton geëindig en die eerste wegspringplek behaal in die kwalifiseringsessie by die Singapoerse Grand Prix. Max Verstappen was woedend nadat hy slegs die agtste vinnigste was. Die Nederlandse jaer was op koers om moontlik voor te begin toe Red Bull hom op onverklaarbare wyse opdrag gegee het om nie sy ronde te voltooi nie. Verstappen sal as kampioen gekroon word indien hy wen en die vinnigste ronde aflê, en spanmaat Perez en Ferrari se Leclerc onderskeidelik swakker as vierde en agtste eindig. Maar miskien is dit vanmiddag ʼn onmoontlike taak, gegewe sy swakker plek op die wegspringrooster.