Oekraïnse President doen beroep op Weste om Russe te verban

Oekraïnse President Volodymyr Zelensky het ‘n beroep op die Weste gedoen om alle Russe te verbied om hul lande binne te gaan in reaksie op Vladimir Putin se “barbaarse inval” in die Oekraïne. Die omstrede President het wêreldleiers aangemoedig om hul grense te sluit vir alle burgers van Rusland in ‘n poging om die Kremlin verder te straf vir sy wreedheid. Die Oekraïnse leier wil hê die Weste moet sy grense vir ‘n jaar vir Russiese burgers sluit en ‘n volle embargo op die aankoop van Russiese energie instel.