Oekraïnse burgers maak Kersboom van onoorwinlikheid

Vrywilligers in die suidelike Oekraïnse stad Mikolaiv het ‘n Kersboom uit kamoefleer-nette gemaak. Die nette sal na die feestyd geskenk word aan soldate wat in die voorste linies veg. ‘n Plaaslike inwoner sê hulle wil nie net Kersfees en Nuwejaar vier nie, maar ook die oorwinning in die oorlog. Rusland se inval in Februarie het ongekende verwoesting en lyding veroorsaak.