Oekraïne: Vroulike soldate marsjeer in hoë hakke

In die Oekraïne noem plaaslike wetgewerlede dié land se ministerie van verdediging se besluit dat vroulike soldate in hoë hakke moet marsjeer as strydig met soldate se gevegsvermoë. Die soldate het hulle stewels vir hakke verruil terwyl hulle elke dag oefen vir volgende maand se parade om die 30ste herdenking van onafhanklikheid van die Sowjet-Unie te vier. Die vroulike wetgewerlede sê in ‘n verklaring ‘n Pruisiese mars in sulke skoene veroorsaak doelbewuste skade aan soldate se gesondheid.