Covid: 28 sterfgevalle, 1 435 nuwe gevalle aangekondig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 28 sterfgevalle en 1 435 nuwe COVID-gevalle uit 3 939 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 216 leerders, 50 gesondheidswerkers, 28 onderwysers en 17 studente. Daar is nou 25 303 aktiewe gevalle met 506 mense in hospitale en 103 in intensiewesorgeenhede.