Oekraïne se presidensie sê 50 sterf in Russiese inval

Oekraïne se presidensie sê meer as 40 van die land se soldate en sowat tien burgerlikes is dood sedert die Russiese president, Vladimir Putin, ‘n spesiale militêre operasie aangekondig het. Die Russiese weermag sê intussen separatistiese magte in die ooste van Oekraïne wat deur Moskou gesteun word, maak vordering en het grondgebied ingeneem. Woordoerder Igo Konashenkov het aan staatstelevisie gesê die magte van die Donetsk-volksrepubliek het tot drie kilometer ingeneem, en dié van die Luhansk-volksrepubliek een-en-‘n-half kilometer.