Oekraïne onder die loep, spanning neem toe

Top Amerikaanse en Russiese diplomate het vanoggend met dringende samesprekings oor die toenemende spanning oor die Oekraïne begin. ‘n Russiese inval word gevrees. Nuusagentskappe berig ‘n week van diplomatieke samesprekings begin hiermee. Rusland vergader ook met Navo en die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa. Rusland het sedert laat verlede jaar tien duisende soldate op die grens met die Oekraïne saamgetrek en is in ‘n Koue Oorlog-situasie met Amerika. President Vladimir Putin se regering eis Navo moet nooit lidmaatskap aan die Oekraïne toestaan nie. Die land dring toenemend aan om deel te word.