Oekraïne loop deur onder Russiese aanvalleDecember 10, 2023

Die Oekraïnse weermag sê Rusland het binne 24 uur byna 100 lugaanvalle oral in die land uitgevoer. Dit volg na die presidentsvrou, Olena Zelenska, gewaarsku het die land verkeer in doodsgevaar sonder Westerse militêre hulp. Verskeie streke in die ooste is geteiken, insluitend Kharkiv, Luhansk en Donetsk. Die aanvalle volg ‘n dag na die Oekraïnse owerhede gesê het hulle het vir die eerste keer in 80 dae kruismissiele onderskep. Westerse intelligensie-verslae waarsku Rusland gaan waarskynlik sy bomaanvalle op burgerlike infrastruktuur die winter verskerp.