Oekraïne kondig uitvoerlisensies aan vir landbou-produkte

Die Oekraïne het die instelling van uitvoerlisensies aangekondig vir sy sleutel-landbouprodukte, naamlik koring, mielies en sonneblom-olie. Volgens die nuusagentskap Interfax Ukraine, gaan handelaars ook ‘n lisensie nodig hê om pluimvee en eiers uit te voer. Oekraïne is onder die wêreld se voorste produsente en uitvoerders van graan en plantaardige olies. Die land het gister die uitvoer van etlike landbou-verbruikersartikels opgeskort, insluitend rog, hawer, manna, bokwiet, sout, suiker, vleis en vee.