Oekraïene skiet drie Russiese bomwerpers af

Oekraïnse president Volodymyr Zelenskiy en militêre amptenare sê die land se magte het drie Russiese Su-34 vegbomwerpers aan die suidelike front neergeskiet. Russiese bloggers het die verliese erken, en ontleders vermoed dat Patriot-missiele wat deur Amerika verskaf is, waarskynlik gebruik is. Zelenskiy het die lugafweereenheid van die Odesa-streek geprys vir die afskiet van die vliegtuie in die Cherson-streek. Oekraïense magte het in November stellings op die oostelike oewer van die Dnipro-rivier in Cherson gevestig.