Oefen jy? Dan is daar ‘n groter kans om Covid te oorleef…

Wetenskaplikes het bevind fisiese oefening verminder ‘n persoon se kanse om aan Covid-19 te sterf. Die studie deur die Universiteit van die Witwatersrand se Sport- en Gesondheids-navorsingsgroep, in samewerking met die mediese fonds Discovery, is onlangs in die British Journal of Sports Medicine gepubliseer. Die kenners glo gereelde oefening verminder ‘n persoon se kans om aan die koronavirus te sterf met meer as 40-persent. Daar word berig die navorsers het inligting van meer as 65 000 pasiënte ontleed wat tussen Maart 2020 en Junie verlede jaar Covid-19 opgedoen het.