Nyanga-gebied moet weens taxi-geweld tot hoërisikogebied verklaar word

Die LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, Daylinn Mitchell, sê regsdienste is gevra om ‘n kennisgewing op te stel om die Nyanga-gebied ‘n hoërisikogebied ten opsigte van taxigeweld te verklaar. Dit sal hom in staat stel om roetes te sluit. Mitchell sê ‘n besluit om die CATA- en CODETA-streke in rooi status te plaas is ook geneem. Dit beteken geen staatsbetalings sal aan hierdie streke gemaak word nie. ‘n Woordvoerder, Jandré Bakker, sê die opskort van lisensies is ook ‘n moontlikheid.