NY-burgemeester waarsku Trump-ondersteuners oor geweld vandag

Die burgemeester van New York City, Eric Adams, het mense wat beplan om teen Donald Trump se hofsaak te betoog, gemaan om selfbeheersing toe te pas. Die voormalige president sal na verwagting vanmiddag net na twee-uur, New York-tyd, voor ‘n hof in Manhattan verskyn om aangekla te word, ná verlede week se geskiedkundige klag deur ‘n New Yorkse groot jurie. Dit hou verband met Trump se beweerde rol om tydens die 2016 presidensiële verkiesing die pornoster Stormy Daniels se stilswye te koop. Adams sê daar was tot dusver geen spesifieke geloofwaardige dreigemente ten opsigte van Trump se hofverskyning nie: