NWR soek ook na vermiste egpaar

Namibia Wildlife Resorts het sy kommer uitgespreek oor die twee vermiste Suid-Afrikaanse toeriste wat nou reeds vier dae spoorloos verdwyn het. ‘n Noodsein is vier dae gelede van hul selfoon af gestuur na familie in Suid-Afrika maar ‘n soektog in die gebied het niks opgelewer nie. Die Namibia Marshall Rangers-groep het ook ‘n beroep gedoen vir ‘n noodhelikopter om die egpaar op te spoor. Nelson Ashipala, woordvoerder van die NWR sê spanne is ontplooi om die egpaar te vind.

Daar is moontlik ander groepe wat ook in die gebied stap en Ashipala het weer ‘n beroep op besoekers gedoen om by die roetes te hou.