NWR sê waarom braaigeriewe by Gross Barmen verwyder is
Gross Barmen is ‘n gewilde oord van Namibia Wildlife Resort wat naby Okahandja in die Otjozondjupa-streek geleë is. Die oord lok plaaslike en buitelandse besoekers. Die oord het egter kritiek ontvang van sommige Namibiese besoekers wat nie tevrede is met die feit dat die oord nie toegerus is met braai-geriewe by sy chalets nie. Diegene wat wil braai moet ry of stap na die piekniek-area wat amper ‘n kilometer verder geleë is. Nelson Ashipala, die korporatiewe kommunikasie-bestuurder van NWR het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die braaigeriewe verwyder is nadat sommige gaste oor die geraas van partytjiediere gekla het.