NWR knap Shark Island se kampeerterrein op

Namibia Wildlife Resorts wat aanvanklik beplan het om Shark Island by Lüderitz se kampeerterrein in die 2019-20 boekjaar op te gradeer, moes sy planne weens die Covid-pandemie uitstel. Die projek het egter in April vanjaar begin en sal op 8 Oktober voltooi wees. Die opgraderingswerk behels die ablusieblokke, die veldkombuis en die ligtoring. Die kampeerterrein sal dan amptelik op 1 November oopmaak, het Mufaro Nesongano, die oorde se woordvoerder, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.