NWR doen beroep op veiligheid van toeriste

Met die toename in roof- en diefstalsake is Namibia Wildlife Resorts as ‘n toerisme-maatskappy bekommerd oor die negatiewe publisiteit van voorvalle van roof en sakkerollery in Namibië. Die woordvoerder van NWR, Nelson Ashipala, sê toeriste hou daarvan om saam met plaaslike inwoners te kuier, uit te gaan vir skemerkelkies, te draf en deur die dorpe te stap sonder vrees vir teistering. Hy sê berigte van rooftogte en diefstal het ‘n negatiewe impak en sal verhoed dat baie toeriste na sal Namibië reis, wat dus uiteindelik werksgeleenthede en die ekonomie sal knou. NWR doen ‘n beroep op wetstoepassers, alle dorps- en streeks-toerismebeamptes en Namibiërs om skerp veiligheidsmaatreëls vir toeriste in te stel.