NVG sê dit ervaar teenkanting van korrupte amptenare in die Vrystaat

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy ervaar baie teenkanting van korrupte munisipale amptenare in die Vrystaat wat ‘n impak het op die spoedige afhandeling van ondersoeke na korrupsie op plaaslike regeringsvlak. Nasionale direkteur van Openbare Vervolging by die NVG, Shamila Batohi, sê in baie gevalle versteek en vernietig beskuldigde amptenare belangrike bewyse, terwyl diegene wat wel korrupsie en wanpraktyke aanmeld, uit hul posisies geskors word, wat ondersoeke verder vertraag. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad …