NVG: Alle Suid-Afrikaners moet baat

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê die Nasionale Gesondheidsversekering moet op ‘n manier ingestel word dat alle Suid-Afrikaners daarby baat. Hy het deelgeneem aan ‘n beleidsdialoog oor universele gesondheidsdekking. Die minister sê die proses om die wetsontwerp te finaliseer is in ‘n gevorderde stadium, en raadpleging moet nog afgehandel word. Phaahla verwag dat die die land die NGV goed sal ontvang.