Nuwe President van Peru stel vroeë verkiesings voor

Peru se nuwe President, Dina Boluarte, het ‘n vroeë verkiesing voorgestel nadat wydverspreide betogings uitgebreek het. Twee tieners is Sondag dood in skermutselings tussen die polisie en betogers, wat eis dat ‘n vroeë verkiesing gehou word nadat die gewese President Pedro Castillo afgedank is ná sy poging om die parlement te ontbind. Boluarte sê sy wil ‘n wetsontwerp aan die Kongres voorlê om die verkiesing in April 2024 eerder as April 2026 te hou. Sy het ook ‘n noodtoestand afgekondig in gebiede waar betogings uitgebreek het.