NV se verhoor van LPM-leiers op 18 Mei

Die parlementêre staande komitee sal sy verslag oor die LPM-leiers Bernadus Swartbooi en Henry Seibeb aan die Nasionale Vergadering op 8 Junie voorlê. Die komitee sal op 18 Mei ‘n verhoor oor die kwessie skeduleer. Daartydens sal hulle bewyse van verskeie parlementariërs aanhoor wat op die drama-dag van 15 April tydens die Staatsrede teenwoordig was toe dié twee uitgeskop is. Dit is ‘n interne verhoor en die proses sal sy gang gaan, sê die Woordvoerder van die NV, David Nahogandja, aan Kosmos 94.1 Nuus.