NV, Nasionale Raad kry nuwe nommerplate

Die parlement het ‘n verandering in die motorvoertuig registrasieprotokol vir die vlote van beide die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad aangekondig. Die voertuie sal vanaf 1 Januarie groen nommerplate dra met die afkortings ‘LNA’, vir Wetgewende Nasionale Vergadering, en ‘LNC’ vir Wetgewende Nasionale Raad. Die parlement sê in ‘n verklaring hierdie nommerplate maak maklike identifikasie deur die publiek moontlik, wat burgers in staat stel om voertuie wat aan die parlement behoort te herken. Dit beklemtoon ook die belangrikheid van skeiding van magte tussen die drie staatsorgane, volgens die verklaring.