Namibië nou deel van Samoa-ooreenkoms

Die Europese Unie het Namibië se ondertekening van die Nuwe Vennootskapsooreenkoms tussen die Unie en die Organisasie van Afrika-, Karibiese en Stille Oseaan-state, ook bekend as die “Samoa-ooreenkoms”, verwelkom. Namibië het die ooreenkoms Maandag in Brussel, België, onderteken. Die ooreenkoms is die grootste en mees omvattende vennootskapsooreenkoms ter wêreld, wat state van vier kontinente bymekaar bring. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gosia Lachut, die adjunkhoof van die EU-sending na Namibië oor wat dit vir die land beteken.