NV maak strategiese vyf-jaar plan bekend

Die Nasionale Vergadering sal môre die openbare bekendstelling van hul 2023-tot-2027 strategiese plan lewendig stroom en die publiek word uitgenooi om die verrigtinge te volg. Die neënde parlementêre sitting van die NV begin vanjaar op 6 Februarie. Sakeus Kadhikwa, die parlement se skakelbeampte wat die aankondiging gemaak het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.