Meeste topgekeurdes vorder in Aussie Ope

Tennis: Verskeie top-tien-spelers het in die tweede ronde van die Australiese Ope gespeel, en daar was maklike oorwinnings vir die plaaslike speler Alex de Minaur, die Italianer Jannik Sinner en die Rus Andrey Rublev. Stefanos Tsitsipas van Griekeland het vier stelle nodig gehad om te wen. Onder die vroue het die wêreld nommer twee, Aryna Sabalenka van Belarus, maklik deurgedring na die derde ronde, saam met die vierde-gekeurde Amerikaner Coco Gauff, wat haar landgenoot Caroline Dolehide verslaan het. Die 19-jarige is tevrede met haar vertoning.