Nuwe VSA ambassadeur in Niger gaan Niamey besoek
Die nuwe Amerikaanse ambassadeur in Niger, Kathleen FitzGibbon, sal ná ‘n staatsgreep verlede maand besoek aflê in Niamey. Die adjunk-woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, Vedant Patel, het aan verslaggewers gesê die besoek is vir voortgesette betrokkenheid by die situasie. Patel sê FitzGibbon gaan daarheen om ‘n missie te lei om die Amerikaanse gemeenskap te ondersteun en om die Amerikaanse regering se pogings te koördineer, terwyl hulle voortgaan om te pleit vir ‘n diplomatieke oplossing wat die grondwetlike orde in Niger sal respekteer.