Nuwe-voertuig verkope skitter

Verkope van nuwe voertuie het in November met 27 persent maand-tot-maand en 12,1 persent op ‘n jaargrondslag gestyg tot 1 171 eenhede. Dit was die eerste maandelikse verhoging in verkope ná vier opeenvolgende maande van afnames, sê Cirrus in ‘n verslag. Die Toyota Hilux het met 259 eenhede wat verkoop is 22,1 persent uitgemaak van die totaal. Passasiersvoertuie het 1.8 persent beter gevaar as kommersiële voertuie in verkope op ‘n maandbasis, maar kommersiële voertuie het beter gevaar op ‘n jaarbasis met ‘n styging van 17.3 persent in verkope, vergeleke met die 7 persent vir passasiersvoertuie. In die jaar tot datum is nuwe-voertuig verkope 19,7 persent hoër op 11 934 eenhede, wat die hoogste is sedert 2017, toe 12 517 eenhede verkoop is.