Einde van olie? Nie vir Namibië – Alweendo

Beleggers en beleidsmakers regoor die wêreld het ‘n belangrike boodskap gekry toe die COP28 byeenkoms ooreengekom het om die verbruik van fossielbrandstowwe te verminder om die ergste impak van klimaatsverandering aan te spreek. Dit word beskou as ‘n mylpaal wat behaal is en dat dit die begin van die einde beteken vir olie. Kosmos 94.1 Nuus het met die energie-minister Tom Alweendo gepraat, wat sê olie produksie gaan nog lank in Namibië relevant wees. As jy egter in die volgende tien jaar daarin wil belê sal jy moontlik nie ‘n mark daarvoor hê nie.