Nuwe visekanselier van Wits sê topgehalte studente moet ontwikkel word

Professor Zeblon Zenzele Vilakazi sê die Wits-universiteit moet daarop fokus om akademies uitstekende studente te ontwikkel wat hulle stempel op die samelewing afdruk. Hy is by die Groot Saal op die Braamfontein-kampus ingewy as 16de visekanselier en rektor van die universiteit. Vilakazi sê die universiteit moet voortgaan om wêreldklas navorsing te doen, en vernuwing en entrepreneurskap te bevorder. Dit moet sy plek in die ekonomiese hartland van Afrika gebruik om uit die wêreld se suide te lei: