Nuwe variant – geen rede om inperkings aan te pas nie

Die nuwe Covid-variant wat in Suid-Afrika opgemerk is, die C.1.2-stam, wek kommer omdat dit volgens voorlopige berigte moontlik meer weerstand teen inentings kan bied maar kenners meen daar is geen rede tot kommer nie en dat variante ook te verwag is. Die waarnemende direkteur van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, Adrian Puren, sê ondanks die nuwe variant is dit glad nie nodig om die huidige inperkings wat in die buurland geld te heroorweeg nie: