Nuwe stelsel vertraag pensioenbetalings, maar verskerp stelsels

Ná sommige pensioenarisse en mense met gestremdhede nie hul maandelikse maatskaplike toelae vir Julie ontvang het nie, het die uitvoerende direkteur van die ministerie van maatskaplike welsyn, Ester Lusepani, in ‘n mediaverklaring gesê dit is weens ‘n verandering van stelsels. Die nuwe stelsel het 18 503 begunstigdes verwerp, wat 4 156 oorlede begunstigdes en 249 ongeskiktheid-begunstigdes insluit, sê sy. Lusepani sê almal wat nie hul toelaes vir Julie ontvang het nie, of aansoek met ‘n verwysingsnommer gedoen het, of hul name op nasionale dokumente verander het na aansoek gedoen was, word dringend versoek om hul naaste kantore voor Vrydag te besoek om hul Augustus-betaling te verseker.