Nuwe seismiese data vir ReconAfrica se eksplorasiewerk

ReconAfrica het aangekondig dat hy bykomende data bekom het as deel van voortgesette eksplorasiewerk in Namibië. Die Kanadese olie- en gasmaatskappy het verklaar dat die versamelde data, verkry deur Enhanced Full Tensor Gravity- en 2D-seismiese opnames groter akkuraatheid sal bied in die keuse van liggings vir sy komende boorprogram, sodra dit geïnterpreteer en ontleed is. Ndapewoshali Shapwanale ReconAfrica se kommunikasiedirekteur het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe…