Nuwe regulasies kom oor SA pensioenfondse

Nuwe regulasies in Suid-Afrika oor pensioenfondse sal vanaf volgende jaar in werking tree en dan sal werkers toegang hê tot ‘n derde van hul aftree-fondse. Die adjunk-parlementêre koördineerder vir die vakbond Cosatu, Matthew Parks, sê dit is ‘n welkome, positiewe ekonomiese stap, maar nie genoeg nie.