Nuwe program beloof beskerming vir kwesbare kinders

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, en Mpumalanga se LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, stuur môre in KwaGuqa, Mpumalanga, ‘n vroeë ingrypingsprogram van stapel. Die program se naam, Risiha, is die Tsonga-woord vir veerkragtigheid. ‘n Woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling, Lumka Oliphant, sê die gemeenskapsgebaseerde program sal fokus op die beskerming van weeskinders en kwesbare kinders. Sy sê baie woon in huishoudings met ‘n kind as hoof.