Nuwe president om 14:00 vandag ingesweer

Die kabinet vergader op die oomblik om die pad vorentoe te baan en ‘n nuwe president sal om twee-uur vanmiddag ingesweer word. Ingevolge die wysigings aan die Namibiese Grondwet, kan of adjunkpresident Nangolo Mbumba, eerste minister Saara Kuugongelwa Amadhila of haar adjunk en Swapo se presidensiële kandidaat Netumbo Nandi Ndaitwah waarneem sou Geingob se amp in minder as ‘n jaar eindig. Sy termyn kom amptelik eers op 21 Maart volgende jaar tot ‘n einde, al is daar verkiesings in November. Dus, sê die Grondwet, ‘n verkiesing moet gehou word. Dit is nie duidelik wat die kabinet in die verband sal beslis nie.