Houthi-leier sê aanvalle sal vergeld word

Die Houthi-militêre woordvoerder, Yahya Sarea, sê die aanvalle deur magte van die VSA en Brittanje sal nie verbygaan sonder ‘n reaksie en gevolge nie. Dit volg na ‘n tweede dag van aanvalle op Houthi-teikens, die keer in Jemen met 13 teikens. Dit kom na aanvalle in Irak en Sirië waar meer as 80 teikens getref is. Irak het ook die aanvalle binne sy landsgrense veroordeel en Iran sê die aanvalle is ‘n strategiese fout.