Nuwe plan in SA vir vroeëre toegang tot pensioenbesparings

Die nasionale tesourie in Suid Afrika sê hy is nou aan ‘n ooreenkoms verbind oor ‘n nuwe plan wat mense in staat sal stel om vroeër toegang tot hul pensioenbesparings te kry. Die tesourie sê dit is egter steeds in gesprekke met vakbonde en aftreefondse en dat dit nog ‘n geruime tyd sal neem voor die plan gefinaliseer is. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.