Nuwe park vir SA

Suid-Afrika sal binne die volgende vyf-jaar ‘n nuwe nasionale park hê. Maar anders as met die ander omheinde nasionale parke, sal die hooggeleë park in die Oos-Kaap staatmaak op samewerking tussen ekologiese bewaringskenners en boere. ‘n Woordvoerder van SANParke, Rey Thakuli, sê boere sal aangemoedig word om voort te gaan om hulle vee in die gebied te laat wei, terwyl programme vir bewaringsweiding ingestel word: