Nuwe oorgrens vee regulasies

Verteenwoordigers van die Lewendehawe Produsente Organisasie het met rolspelers in die Suid-Afrikaanse veebedryf gekonsulteer oor die nuwe voorwaardes vir die uitvoer van vee na Suid-Afrika. Die maatreëls is eensydig aangekondig en word aangedryf deur die berskerming van die genetiese integriteit van Suid-Afrika se inheemse vee. Met die nuwe reëls sal geen vee oor die grens toegelaat word indien die permit nie vergesel word van ‘n bykomende sertifikaat van die Registrateur van Veeverbetering nie. Benewens die normale vee-identifikasiewetgewing van Namibië, is dit verpligtend om ‘n tatoeëermerk met die Namibiese “N” in die linkeroor van uitvoerkleinvee sowel as die ekwivalente “N” brandmerk op uitvoerbeeste aan te bring.