Nuwe onderwyswet lê klem op leerder dissipline

Die nuwe Wet op Basiese Onderwys, wat verlede week aangekondig is, lê klem op leerder-dissipline en wys uit dat ouers die primêre verantwoordelikheid het om hul kinders te motiveer vir opvoeding en ‘n ingesteldheid op goeie gedrag en dissipline te kweek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iani de Kock, ‘n kliniese sielkundige by Being Well Psychology, oor hoe ouers hul kinders dissipline kan leer.