Nuwe onderhoude vir Konstitusionele Hof word verwelkom

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet sê hy sien uit na die nuwe onderhoude wat van vandag af gevoer word met kandidate vir vakatures by die Konstitusionele Hof. Die Regterlike Dienstekommissie in die buurland het in April dieselfde onderhoude gevoer, maar die kommissie is ná die bekendmaking van die kortlys hof toe geneem weens ‘n beweerde gebrekkige proses. Vyf kandidate is in daardie stadium aan President Cyril Ramaphosa voorgelê vir oorweging. Lawson Naidoo van die raad sê die onderhoudsproses in April was irrasioneel en willekeurig: