Nuwe Omikron-sluipvariant neem oor

Nóg ‘n jaar, nóg ‘n Covid-variant. Die jongste verskyning is Omikron BA.2. Die eerste een is bekend as BA.1. Die tweede een het 32 van dieselfde mutasies as BA.1 maar, het 28 wat verskil. Die jongste aanduiding is dat die variant moeilik opgetel word op die tradisionele PCR-toetse en dus, is bekend as die sluip-variant want hy kan ontdekking ontduik. Dié variant is ook die eerste keer op 17 November verlede jaar in Suid-Afrika ontdek en kom nou na vore in talle lande. Dit is reeds in 40 lande regoor die wêreld bevestig. Kenners meen dit is nie werklik kommerwekkend nie omdat alle maatreëls, wat beskerming deur inentings insluit, steeds geld.