Nuwe foto’s van Jupiter is asemrowend

Die James Webb-ruimteteleskoop het nuwe foto’s van ongekende tonele van die planeet Jupiter se noordelike en suidelike ligte en ‘n kolkende waas by die pole geneem. Op die beeldmateriaal is die planeet se uiters dowwe ringe en twee van sy kleiner mane, Amalthea en Adrastea, ook te sien. Die Europese ruimteagentskap sê die beelde behoort meer insig te gee in Jupiter se binne-lewe wat wetenskaplikes weer kan help om gasreuse buite die sonnestelsel se gedrag te verstaan.