Nuwe ekonomiese inisiatief vir Whk

Stad Windhoek het die Windhoek Ekonomiese Herstel Inisiatief goedgekeur. Die Stad sal binnekort aansoekers vra om besigheidsvoorstelle in te dien, veral voorstelle wat werkskepping ondersteun. Die Burgemeester Job Amupanda sê omkopery en korrupsie in die verband is nou iets van die verlede en alle voorstelle sal gelyk geëvalueer word. Die Stad sal volgende week ‘n perskonferensie in die verband hou.