Nuwe dwelm in DRK; vervaardig van uitlaaststelsel-filters

Owerhede in Kinshasa in die DRK sukkel met ‘n nuwe dwelm wat van geperste filters in motors se uitlaatstelsels vervaardig word. Volgens internasionale nuusagentskappe het die land se polisie reeds in Augustus meer as 100 handelaars in die dwelm, bekend as ‘bombe’ of ‘kragtig’ in die plaaslike Lingala-taal, in hegtenis geneem. Die dwelm veroorsaak ‘n katatoniese toestand en gebruikers kan vir ure doodstil staan en dae lank slaap. Die geperste filters word met verskeie vitamines en slaappille gemeng voor dit gesnuif word. Die gewildheid van bombe het gelei tot ‘n toename in die diefstal van uitlaatstelsels.